07:30 - 14:30
013 656 2041
Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
HTS Witbank bied ‘n verskeidenheid van individuele en spansporte aan. Dit is van kardinale belang dat elke leerder die geleentheid kry om sy of haar talente op die sportveld uit te leef en te ontwikkel.
Puik aftrigting en goedtoegeruste fasiliteite bied vir elke Bloue die geleentheid om op die sportveld te floreer.
HTS Witbank se afrigtingkorps, hetsy onderwysers of buite afrigters...
HTS Witbank se afrigtingkorps, hetsy onderwysers of buite afrigters, is van hoogstaande gehalte wat daarna streef om altyd op hoogte van die nuwe afrigtingstegnieke, sportreëls en verwikkelinge te wees. Ons afrigter poo gook om hulself te verbeter deur kursusse en klinieke by te woon.
HTS Witbank bied ‘n groot verskeidenheid spansporte aan, iets vir almal.
Spansporte bevorder leerders se fiksheid, goeie sportmanskap, samehorigheid, selfvertroue en leierseienskappe. Dit moedig leerders aan om beter met mekaar te kommunikeer en mekaar te respekteer. Dit bevorder ook beter tydsbestuur en samewerking. Navorsing toon dat leerders wat meer aktief is ook akademies beter presteer.
Spansporte kweek ‘n positiewe gees by leerders, dit betrek groot groepe leerders hetsy dit in deelname of ondersteuning.
Sport Kontak Nommer: 013 656 2041
Organiseerder: Mnr Rudy Kok
Die sokker neem deel aan die plaaslike liga waar HTS Witbank tans ‘n junior en senior span het wat deelneem. Die senior span is ook die liga wenners vir 2022.
Hokkie Organiseerders:
Dogtershokkie:
Vyf dogtershokkiespanne neem aan die Mpumalanga-liga deel. Daar is een span in elke junior ouderdomsgroep en twee spanne in die senior ouderdomsgroep.
Dogters is in 2022 in die onderskeie Mpumalanga provinsiale spanne opgeneem. Die O/16A-span was naaswenners en die O/14A-span het derde geëindig in 2021.
Alle spanne gaan op ‘n toer in die Maart-April vakansie na Camp Discovery.
Seunshokkie:
Vier seunshokkiespanne neem aan die Mpumalanga-liga deel. Daar is ‘n O/14 en O/16 span in die junior ouderdomsgroep.
Die seuns is in 2022 in die onderskeie Mpumalanga provinsiale spanne opgeneem. Die O/16A-span was naaswenners en die O/14A-span het derde geëindig in 2021.
Alle spanne gaan op ‘n toer in die Maart-April vakansie na Camp Discovery.
Binnenshuise hokkie:
Alle ouderdomsgroepe by die seuns en dogters neem deel aan die Mpumalanga-liga en HTS Witbank speel in die ligas wat by “hockey farm” aan gebied word. Daar is jaarlik baie van ons spelers, seuns en dogters, wat in die Mamba spanne (Mpumalanga) op geneem word.
Fasiliteite:
Die skool het twee bane en ‘n oefen baan slegs vir doelwagters.
Baie van ons skool – en buite afrigters is gegradeer deur SAHA
Organiseerder: Me Mandisa Masilela
Mej Du Preez is in 2022 aangewys as die Sunbirds (Mpumalanga vrouespan) se spanbestuurder.
Fasiliteite:
Die skool het vier weervaste netbalbane met spreiligte by al die bane.
Periodisering, fiksheid en konkussie:
Spelers moet verskeie fiksheids toetse deur die seisoen doen en slaag. Programme word in fases uitgewerk om die spelers te kondisioneer. Vordering word gekontroleer en individuele aandag word waar nodig gegee. Opsionele konkussietoetse word voor die aanvang van die seisoen afgeneem. Spelers kan gratis in die skoolgimnasium onder toesig van biokinetici oefen.
Alle A-spanne gaan gedeurende die Maart-April vakansie op toere terwyl die B-spanne plaaslike klenieke bywoon.
Daar is verskeie van HTS Witbank se spelers in die verskillende ouderdomsgroepe van die Mpumalanga spanne opgeneem.
Die O/16A-span was naaswenners en die O/14A-span het derde geëindig in 2021.
Organiseerder: Me René Oberholzer
HTS Witbank neem deel aan die plaaslike liga vir ringbal as ‘n buite sport en het al verskeie profinsiale- en SA spelers opgelewer. Die oefeninge vind op ons bane plaas op Maandag- en Woensdagaande.
Kontakpersoon: Rasto Botma
Kontakbesonderhede: 013 656 2041
Die skool het 9 rugbyspanne wat in die Mpumalanga grootskole-liga kompeteer. Toere vind jaarliks plaas en vriendskaplike wedstryde word gespeel asook in die Virseker Beker. HTS Witbank het ook in alle deelnemende ouderdomsgroepe 7’s rugby spanne wat in verskeie toernooie deelneem.
Die skool het drie rugbyvelde met spreiligte op die hoofveld.
Johan Otto, oud HTS Witbank leerder, het Springbokke geword. Die skool het reeds verskeie Mpumalangaspelers opgelewer in die verskillende ouderdomsgroepe.
RUGBYVAARDIGHEDE
LEWENSVAARDIGHEDE
SESSIES
Sessies bestaan uit:
OORSIG
Elke sessie word beplan en ontwerp sodat die seuns se vaardighede verbeter sal word. Sessies is ontwerp om pret te wees. Aan die einde van die program sal die seuns spesifieke vaardighede bemeester het.
*Raadpleeg asb. die d6-Kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m. datums en wedstryde.
Kontakpersoon: Mnr Stean Louw
Kontakbesonderhede: 013 656 2041
Die skool skryf agt seuns en twee dogters spanne vir die Nkangala-liga in. Wedstryde word in die derde en vierde kwartaal gespeel. HTS Witbank onderneem jaarliks toere met die krieketspanne waar hulle aan gespesialiseerde afrigting en wedstryde teen ander provinsies/streke se skole blootgestel word.
HTS Witbank speel ook in die T 20 liga.
Jaco Booysen, oud-HTS Witbanker het baie goed op franchise-vlak vir die Titans en Eastern-Transvaal gevaar. Hy was lid van die Junior Protea-span.
HTS Witbank glo dat elke sportsoort wat beoefen word belangrik is.
HTS Witbank glo dat elke sportsoort wat beoefen word belangrik is. Elke individu het dus geleentheid om hom/haar uit te leef in die sport wat vir hom/haar belangrik is en sal ook erkenning daarvoor ontvang. Ons bied aan elke deelnemer afrigting vir die sport van sy/haar keuse deur ons eie afrigters of ‘n gekwalifiseerde buite afrigter. Dit is vir ons baie belangrik dat eie individu sal ontwikkel word om sodoende op die hoogste vlak te kan presteer. HTS Witbank gee ook erkenning aan sportsoorte wat nie deur die skool aangebied word nie.
Sport Kontak Nommer: 013 656 2041
Organiseerder: Me Annie van den Berg
HTS Witbank het ‘n dogters span en junior en senior seuns span wat aan die liga deelneem. Die liga wedstryde vind plaas in Middelburg maar die oefeninge vind op ons eie terrein plaas. Die dogers het die geesbekker by die Mpu finaal gewen en die senior seuns is Mpu wenners.
Daar is verskeie van die spelers gekies om Mpu in Kroonstad by die SA kampioenskappe te gaan verteenwoordig. Me A. Van den Berg is ook gekies as Mpu afrigter.
Organiseerder: Me Hanlie Snyman & Mnr Lamond Lloyd (hulp – ouer)
HTS Witbank het ‘n seuns en dogters span wat in die Mpu - liga deelneem. Die seuns span het die Mpu – liga gewen in 2022.
Organiseerder: Mnr Jan-Eric Steyn
HTS Witbank het ‘n seuns span wat aan die Mpu - liga deelneem. Daar is verskei van die seuns wat ook individueel aan bergfiets wedrenne en padfiets wedrenne vir die skool deelneem.
Kontakpersoon: Mnr Rasto Botma
Jaarlikse deelname: Die atletiekspan neem aan die interskole kompetisies in Mpumalanga en teen ander topskole deel. Individuele atlete neem aan verskillende Top 10, - 15 en - 20 byeenkomste deel. Die voorseisoen program begin reeds in September elke jaar. Daaglikse oefentye binne seisoen: Maandag tot Vrydag 14:15 tot 16:00. Daar is ook buite afrigters wat moontlik later in die middae mag oefen.
Fasiliteite: Grasbane, sintetiese aanlope vir verspring, groot pawiljoen, volledig toegeruste gymnasium en opgeleide biokinetikus.
Prestasies: Die skool presteer jaarliks baie goed en het ook talle provinsiale kampioene opgelewer. Die afgelope 8 jaar het ons atlete verskeie rekords opgelewer. Daarbenewens was daar 86 provinsiale atlete en 7 medaljes op die SA-kampioenskappe.
Fiksheid: Atlete word gereeld deur die biokinetikus by die skool getoets en kondisioneringsprogramme word vir hulle uitgewerk. Atlete oefen gratis in die skoolgimnasium.
ATLETIEKDRAG-PROSEDURE
Atletiekdrag kan by die tweedehandse klerewinkel voorskool, gedurende pouse of naskool tot 15:00 aangepas en gekoop word.
Verpligte kleredrag om in deel te neem is die volgende:
Addisionele kleredrag wat aangekoop kan word is die volgende:
ATLETIEKKALENDER 2023 (VOORLOPIG)
*Raadpleeg asb. die d6-Kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m. datums en toernooie.
Kontak person: Me Irene Jacobs
Die HTS Witbank-ruiters het gewoonlik hulle eie perde of huur perde by ‘n stal. Afrigting vind individueel plaas waar elke ruiter sy eie afrigter by sy eie stal het. Ruitersport het aansienlik uitgebrei en kan ruiters nou aan meer klasse deelneem. Indien ruiters aan SANESA se Core League asook ander dissiplines deelneem, verkry die ruiters skoolpunte. Ruiters kan dan ook kwalifiseer vir toekennings soos kleure, erekleure, pennings asook ruiter van die jaar.
Deelname aan SANESA Kompetisies
HTS Witbank het ‘n hele paar geregistreerde ruiters. Die ruiters neem vir hulle skool onder die vaandel van SANESA deel wat erken word deur die SAEF -South African Equestrian Federation. Ons wys graag ons staal by die kwalifiseerders en probeer om aan soveel as moontlik klasse, soos deur SANESA beplaal, deel te neem sodat ons span maksimum punte kan kry.
Ons gee graag erkenning aan ons ruiters tydens ons jaarlikse bekroningsaand.
Kontakpersoon: Chean Schmidt
Kontakbesonderhede: 013 656 2041
Deelname: Gholf word buitemuurs aangebied en twee seun spanne neem deel aan die Mpumalanga liga. Gholfspelers neem aan talle plaaslike toernooie deel.
*Raadpleeg asb. die d6-Kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m datums.
Kontakpersoon: Chean Schmidt en Leo va Rooyen
Kontakbesonderhede: 013 656 2041
Landloopbyeenkomste waaraan deelgeneem word: AGN-voorseisoenbyeenkomste, skole-derbies, Mpumalanga-landloopliga en Noordvaal-finaal. Atlete oefen weeksdae na skool by die skool. Mnr Leo va Rooyen help Maandae van 15:00 – 16:30 as buite afrigter. Verskeie atlete word jaarliks vir provinsiale spanne gekies.
Kontakpersoon: Mnr Kobus Dörfling en hulp Mnr Wiekie Muller (ouer)
Hengel het as sportsoort by HTS Witbank in 2018 afgeskop. Ons is baie opgewonde oor die voorreg om onder ‘n amptelike vaandel van Mpumalanga betrokke te wees.
Kontakpersoon: Marizelle Cilliers
Kontakbesonderhede: 013 656 2041
Enige HTS Witbanker kan skaak as buitemuurse aktiwiteit beoefen. Spelers oefen reg deur die jaar.
Die skole skaakliga begin in die tweede kwartaal. Die distrik en Mpumalanga uitspele word aan die begin van die derdede kwartaal gehou. Dit bied aan die leerders goeie geleentheid om skaak te speel onder die wakende oog van me Cilliers.
Kontak person: Mnr Jan-Eric Steyn (Me Katrien Pretorius hulp)
HTS Witbank gaan jaarliks na die Sun City-tennistoernooi toe en neem ook deel aan verskeie ander toernooie. Daar word aandag gegee aan elke speler – van beginners tot die gevorderde spelers.
Me Pretorius en mnr Jan-Eric Steyn is die skool se afrigters en mnr Charl Basson is ‘n Mpumalanga afrigter wat ook betrokke is by HTS Witbank.
Aktiwiteite vir die jaar: