Klein Sporte

Klein Sporte

Fietsry

Skole fietsry se doelwit is om soveel moontlik fietsryers te betrek.

Ons neem deel aan die Spur Hoërskoolliga.

Ses kompetisies vind jaarliks volgens die XCO-formaat plaas.

Tydens die 7de resies word ‘n provinsiale wedren gehou.

1 Leerder verwerf in 2017 sy provinsiale kleure en neem op nasionale vlak deel.

Jukskei

Die sport word sedert 2011 by die skool aangebied.  Alle ouderdomsgroepe kan deelneem.  Die skool het die afgelope 5 jaar baie goed gevaar in die liga.

  • 2016 verwerf 1 speler Mpumalanga-kleure

2017

  • 2017 verwerf 3 leerders Mpumalanga-kleure en gaan na die SA’s wat in Kroonstad aangebied word.
  • Witbank Jukskeiklublede speel hier op ons bane.
  • Bane word tans opgegradeer om toernooie te kan huisves.
  • Na voltooiing sal 12 bane beskikbaar wees.
  • Gekwalifiseerde, entoesiastiese buite-afrigters.

Landloop

Ons landloop neem aan die ASA Klublandloop- en Mpumalanga Skole landloop ligas deel.

Twee van ons atlete verwerf Mpumalanga kleure vir die klublandloop en gaan aan die ASA Nasionale kampioenskappe op Potchefstroom deelneem.

Ses atlete word genooi om aan die Nkangala kampioenskap deel te neem, waar vyf gekwalifiseer het om by die Mpumalanga kampioenskape te hardloop.

By Nkangala Kampioenskap verwerf Charmain Fourie ‘n eerste plek en Ananja Vorster ‘n tweede plek.

Landloop by HTS Witbank is gesond en die atlete is baie toegewyd.

Landsdiens

Witbank Hoërskool Landsdiens gaan van krag tot krag die jaar met die ledetal wat drasties gegroei het.  So het ons landsdiensfamilie ook net groter en sterker geword.

Die vier landsdienspilare word uitgeleef en elke landsdiener streef om dit deel van sy daaglikse leefwyse te maak.  ‘n Mens kon die eienskappe in die leerlinge sien by al ons aksies en die leerlinge wys ook goeie leiereienskappe.

‘n Rekordgetal landsdieners (11) van HTS Witbank word gekies om Mpumalanga te verteenwoordig by die Nasionale week in 2017 in KZN.

Ons is trots op elkeen van hierdie leerlinge wat ons Blou skool naam so hoog hou.

Luggeweer Skiet

Nationale Posliga

  • 1 wenspan, 1 individuele naas wenner, 2 individuele derde plekke
  • Algehele 5de plek uit 48 skole

SA’s

  • 5 individuele bronsmedaljes
  • Verskillende ouderdomsgroepe spanlede – 5 goue medaljes en 9 silwer medaljes
  • Lid van SANSSU nasionale span gekies by SA’s
    • Pistoolspan:  Renate Viljoen, bronsklas
    • Veerspan:  Viaan Viljoen, silwerklas
  • Viaan Viljoen een van 8 veerskuts in Finale uitskiet vir Kampioen Veerskut

SANSSU toer na VSA

  • Clarissa Bothma SANSSU toerspanlid – bronsklas 2de plek in 10M staan kompetisie, Colorado.

Mind Sports

50 Registered members of the MSSA (Mind sports South Africa)

20 Learners with Mpumalanga colours

13 Learners with National Federation

2 Learners with Protea colours

HTS Witbank team coached by a Protea player as well as the team Manager of the South African Protea team

Muurbal

EEN provinsiale speler verteenwoordig Mpumalanga in Bloemfontein by die kampioenskappe.

HTS Witbank skryf ‘n A- en B- seunspanen 1 dogterspan in die skoleliga in.

In 2017 het die formaat van die liga verander!

Raak deel van hierdie sportsoort wat mens kan beoefen totdat jy stokoud is.

Perdry

Ons perdry neem deel aan verskillende dissiplines naamlik spring, dresseer, “evening”, uithouritte en Gymkana.

Die span het tans 7 ruiters wat die skool verteenwoordig.  Die meeste van ons ruiters is opgeneem in die onderskeie provinsiale spanne en neem jaarliks aan die Nasionale Kampioenskappe deel.

Die Briljante Bloues spog ook met twee Nationale Kampioene wat goud gewen het tydens die kampioenskappe.

Ringbal

33 Spelers neem deel aan Nasionale Kampioenskappe

11 Spelers verwerf SA-kleure.

Jong spelers (toekomstige Bloues) skakel in by HTS Ringbal as deel van bemarking en ontwikkeling.

Skoletoernooi vind jaarliks vanaf 1 – 7 Oktober te Camp Discovery plaas.

Juffrou R. Oberholzer is 19 jaar Nasionale SA-keurder!

1 Kaptein van Presidentspan

1 Kaptein van SA-span

1 Kaptein van uitnodiging span uit ons skool!

Die bestuur van ons klub is gesond!

Hierdie bestuur bestaan uit ouers met ‘n ongelooflike passie en liefde vir ringbal.

Oefening word saans onder spreiligte plaas.

Skaak

Skiet

Nkangala Streek finaal

  • 3 wenspanne en 3 spanne is naas wenners
  • 4 individuele wenners, 2 naaswenners, 3 derde plekke
  • Algehele Beste Sporterskut (ongeag ouderdom) vanaf 2013 – 2015
  • Algehele Beste Veerskut (ongeag ouderdom) vanaf 2011 – 2017

Mpumalanga Finaal

  • Sedert 2012 – die meeste skuts uit ‘n skoolspan genooi na Mpumalanga Finaal – 20 skuts in 2017 (12 skietskole in Mpumalanga)
  • Sedert 2012 – meeste skuts uit een skoolspan kry plek in Mpumalanga-span – 16 skuts in 2017
  • 6 afrigters in 2017 na SA’s met Mpumalanga-kleure
  • 3 afrigters op MSSU-bestuur en 2 van hulle SANSSU UK(Uitvoerende Komitee)

Tennis

Professionele afrigting 1 x per week

Jaarlike rondomtalies

Deelname aan Puk-liga

Deelname aan Mpumalanga skoleliga

Jaarlikse Sun City Toernooi (pret en plesier)

Deelname aan Wes- Mpumalanga Junior Toernooie

“Grand Slam” fondsinsamelingsprojek

Al ons spanne is Witbank – wenners

Spelers word in Wes-Mpumalanga junior span ingesluit