• Met Oorgawe

    Gee Ons
  • Leerders se Sukses

    Ons Inspirasie

Bestuur

Boodskappe

Beheerliggaam

Boodskap

Deur Eenheid het ons Krag!

Wat ‘n wonderlike gedagte!  Saam kan ons alles vermag, saam kan ons enige struikelblok oorkom, saam met mekaar en ...

Beheerliggaam Voorsitter

Mnr J. Booysen

Deur Eenheid het ons Krag!

 

Wat ‘n wonderlike gedagte!  Saam kan ons alles vermag, saam kan ons enige struikelblok oorkom, saam met mekaar en saam met God.

 

In unity we find strength.  That must be such a comfort to every learner of the Blue Crew to know that you are not alone; to realize with your fellow students and teachers that no challenge is too big for you.

 

HTS Witbank is dié plek waar elke leerling die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal op elke gebied te ontwikkel - Of jy nou ‘n akdemikus, ‘n sportster of ‘n kulturele reus is, hier is plek vir jou om te skyn.

 

You can shine as bright as you possibly can with all the opportunities that you will be provided with at HTS Witbank.

 

As jong onderwysstudent het ek dekades gelede geleer dat enige opvoeder se doel moet wees om behoorlike onafhanklike volwassenes te help vorm.  Vanaf dag een wat ek by HTS Witbank betrokke geraak het, was dit vir my duidelik dat dit dié skool se primêre fokus is.  Elke jaar is ek stomgeslaan om te sien hoe die graad 12-leerders ontwikkel en groei in hul 5 jaar by HTS Witbank.

 

I trust and believe that every student that gives their all as part of the Blue Crew will be able to soar as high as an eagle once they leave the HTS Witbank nest.

 

Ons sien uit om te sien watter hoogtes ons leerders more en in die toekoms gaan bereik.

 

Be Great Blue Crew!

 

Janneman Booysen

HTS Witbank Beheerliggamvoorsitter

htswitbank

Hoofleiers

Boodskap

Almal het n idee in hul kop van die perfekte skool en wat mens alles wil doen, maar die feit is dat hierdie goed net moontlik is indien almal as een saamwerk.

 

Janie Grobler en Léhan Roux

Hoofseun

Léhan Roux

It is an honour to write to you today as the head boy HTS Witbank. Thinking about what the future holds, I am filled with a profound sense of optimism and excitement.

 

Ons skool is bekend vir sy toewyding aan uitnemendheid, hetsy dit op akademiese, sport-of kultuurgebied is. Ek sien in my geestesoog net groei, uitbreiding en verbetering vir ons blou-skool – die toekoms is blink!

 

First and foremost, I envision a future where every student feels empowered and valued. We are a diverse community and our strength lies within our differences. By fostering a culture of respect and collaboration, we can ensure that every voice is heard and every individual is supported.

 

Ons skool sal 'n plek wees waar almal welkom voel, waar elke stem gehoor word en waar ons saamwerk om 'n inklusiewe omgewing te skep – hier het almal ‘n plek onder die son.

 

Furthermore, I am excited about the opportunities we will have to expand our academic and extracurricular horizons. Our commitment to excellence will be the driving force behind our achievements and victories.

 

Ek glo in die talent en die potensiaal van elke individu in ons skoolgemeenskap. Saam kan ons die uitdagings wat ons in die gesig staar, oorkom en ons skool na hoër hoogtes lei. Dit is dus ons almal se plig om saam te werk om ‘n toekoms vir onsself te skep.

 

Ek sien uit daarna om saam met julle te werk om hierdie visie en droom te verwesenlik. Laat ons die pad vorentoe met optimisme en vasberadenheid aanpak, want daardeur sal ons ‘n blywende impak maak.

 

Léhan Roux

Hoofdogter

Janie Grobler

Nooit het ek gedink ek gaan 'n hoofmeisie-titel hê nie, ek gee Jesus alle eer.

 

Ek is iemand wat opstaan vir dit wat reg is en ek glo met my hele hart dat ons gemaak is vir 'n tyd soos nou. My doel vir 2025 is dat elke leerder in HTS Witbank meer in hulself sal groei en dat dissipline en respek hoogty sal vier in ons skool. I believe that actions speak louder than words, therefore integrity is something that those around you can see.


Dit is vir my 'n eer om vir ons skool se eerste hokkiespan te kan speel en in vele kultuur- aktiwiteite te kan deelneem. Dit is vir my belangrik dat elke leerder tuis voel in ons skool, elke taak tot die beste van hulle vermoë doen en ons skool se waardes op 'n daaglikse basis uitleef.


Ek glo in elke leerder en ek weet as ons saamstaan sal ons net HTS Witbank nog blouer maak!  Elke leerder moet weet hulle is nooit alleen nie.


I believe that Jesus will guide us through this year and strengthen us. You were made for a time like this!


2025 ons is reg vir jou!

htswitbank

Uit Die Pen

van 'n leerling

MJ Pieterse
Uit die pen van 'n graad 12 leerder

HTS – DIE PLEK VIR MY

HTS Witbank is meer as net ‘n skool – dit is ‘n instansie waar jy soveel meer leer as net vak-inhoud. HTS se onderwysers is nie net besonders vriendelik en uiters behulpsaam nie, hulle maak dit hul lewensmissie om die sukses van elke leerder te verseker.

 

HTS Witbank bied ‘n wye verskeidenheid vakkeuses aan – as jy nie hier ‘n vak vind waarin jy belangstel nie, gaan jy dit nêrens vind nie. Persoonlik geniet ek vakke soos Fisiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie, omdat dit my uitdaag om buite my gemaksone te werk en daardeur word persoonlike groei aangemoedig. Die onderwysers van die onderskeie vakgebiede deel graag hul kennis met oorgawe en is altyd bereidwillig om leerders by te staan.

 

HTS is ‘n skool wat nie net fokus op akademie nie, maar poog eerder om goed afgeronde individue die wêreld in te stuur. Dit is dus hieruit wat ‘n atmosfeer van samehorigheid spruit en ons almal saam die Bloues-familie vorm.

 

Eens ‘n briljante bloue, altyd ‘n briljante bloue.

 

Juan Pieterse – Hoofleier Akademie

htswitbank

HTS WITBANK - Bestuur & Administratiewe

Personeel

Naam

Janneman Booysen

Toit Roux

Hanlie Potgieter

Nico Grobler

Monique Campbell

Jordaux Ackerman

Louis Jordaan

Werner Greyvenstein

Esme Pieters

Bennie Botha

Anton Botes

Juan Wessels

Moira Outram

Portefeulje

Voorsitter

Ondervoorsitter

Finansiële Voorsitter

Ouerverteenwoordiger

Ouerverteenwoordiger

Ouerverteenwoordiger

Ouerverteenwoordiger

Ouerverteenwoordiger

Waarnemende Hoof

Personeel Verteenwoordiger

Personeel Verteenwoordiger

Personeel Verteenwoordiger

Nie-opvoeder verteenwoordiger

Naam & Portefeulje

Janneman Booysen - Voorsitter

Toit Roux - Ondervoorsitter

Hanlie Potgieter - Finansiële Voorsitter

Nico Grobler - Ouerverteenwoordiger

Monique Campbell - Ouerverteenwoordiger

Jordaux Ackerman - Ouerverteenwoordiger

Louis Jordaan - Ouerverteenwoordiger

Werner Greyvenstein - Ouerverteenwoordiger

Esme Pieters - Waarnemende Hoof

Bennie Botha - Personeel Verteenwoordiger

Anton Botes - Personeel Verteenwoordiger

Juan Wessels - Personeel Verteenwoordiger

Moira Outram - Nie-opvoeder verteenwoordiger

HTS WITBANK - Onderwysers

Personeel