• DEUR EENHEID

    HET ONS KRAG
  • Die Potensiaal

    VAN ELKE LEERDER

HTS WITBANK

waar elke leerder tel

Welkom by HTS Witbank

Mev H Botha

HTS Witbank se amptelike opening was op 5 April 1975 op hierdie terrein. Mnr JG M’Dougall was die eerste hoof van HTS Witbank.

Skoolhoof

ME H BOTHA

HTS Witbank se amptelike opening was op 5 April 1975 op hierdie terrein. Mnr JG M’Dougall was die eerste hoof van HTS Witbank. Die Leuse van ons skool is Dignitas in Labore Est wat beteken “Daar is waardigheid in arbeid”.

 

Ek is vanaf Mei 2017 tot op hede die skoolhoof van hierdie skool en in 2020 is ons skool se status opgegradeer na P5. Die grootte van skole word gegradeer op ‘n skaal van P1-P5 waar P1 die kleinste geregistreerde skool is. Ons skool het ‘n totale personeelkorps van 92 en ‘n onderwyserskorps van 62. Ons leerlingtal is 1300 waarvan 650 dogters en 650 seuns is. Ons is ‘n Afrikaanse skool met ‘n Engelse komponent.

 

HTS Witbank is ‘n waardegedrewe skool. Ons leef die waardes nl. Verantwoordelikheid, Selfdissipline, Gesindheid, Hardwerkendheid, Lojaliteit, Eerlikheid, Integriteit, Respek, Dienslewering en Netheid vol uit.

 

Ons visie is om nuwe horisonne te verken deur die integrasie van akademie en tegnologie om die toekoms van ons jeug te vorm tot volwassenheid met lojaliteit, integriteit en respek. Ons maak ‘n verskil!

 

Ons missie is om Christelike waardes uit te leef deur alle mense met integriteit en respek te hanteer. Ons het hoogs gemotiveerde onderwysers wat daarna streef om elke kind deur uitnemende onderwys na volwassenheid te lei.

 

Ons wil puik toegeruste, verantwoordelike en selfstandige individue die lewe instuur om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te maak. Ons streef daarna om ‘n aktiewe vennootskap tussen ouers en die skool, tot voordeel van die kind te skep.

 

Mev Lienie Botha

 

Skoolhoof

htswitbank

Toegewyde Personeel

om jou potensiaal te ontgin

Puik

Akademie

Uitstekende

Sport

Boeiende

Kultuur

#DieVoorloperskool

Uitreik na ons

Gemeenskap

Sluit af met 'n spog

Geleentheid

maak nuwe

Vriende