Visie en missie
ONS VISIE
Die TOPSKOOL in Witbank Waar WENNERS trots die briljante blou sal dra vir almal om te sien, as simbool van uitnemendheid!
ONS MISSIE
1. Om elke leerder vanuit ‘n Christelike perspektief deur uitnemende onderwys, na volwassenheid te lei.
2. Om ‘n aktiewe vennootskap tussen ouers en die skool, tot voordeel van die kind wat aan ons toevertrou word, te skep.
3. Om ons leerders se kreatiwiteit, selfstandige denke en kritiese vermoë te ontwikkel.
4. Sodat ons puik toegeruste, verantwoordelike en selfstandige individue die lewe kan instuur om ‘n positiewe bydra te maak in die samelewing.




